Stand van en Beleid ten opsigte van
Bybel-Onderrig

Inligtingstuk saamgestel deur Ds Erik van der Merwe as Hoofbestuurslid van die VCHO vir die VCHO Kongres 2001

A. KONFERENSIE IN OPDRAG VAN DIE L.U.K. VIR ONDERWYS (NOORD-WES PROVINSIE) INSAKE GODSDIENSONDERRIG, MMABATHO, 1994.

'n Belangrike konferensie is deur die destydse L.U.R. vir Onderwys in die NWP te Mmabatho in 1994 onder voorsitterskap van eerw. Frank Chikane gereŽl. Alle kerke en organisasies van alle godsdienste, skoolbeheerrade, godsdiensonderwysers, ouer-verenigings, universiteite, en belangegroepe is landwyd uitgenooi. Referente is oor die hele spektrum aangewys, onder andere die huidige leier van die PAC en die Voorsitter van die Vereniging vir Christelike HoŽr Onderwys, prof. Andries Raath.

Na vele bespreking is o.a. die volgende besluite aan die L.U.R. deurgegee vir voorlegging aan die Minister van Onderwys:

* Skoolbeheerrade moet die reg gegee word om te bepaal watter godsdiens in 'n skool bestudeer sal word.

* Die godsdiens van minderhede in 'n skool kan tydens godsdiensonderrigtye deur hulle eie onderwysers bestudeer word, asook as deel van naskoolse bedrywighede op 'n vrywillige grondslag aangebied word.

* Slegs oortuigde lede van 'n godsdiens sal as onderwysers toegelaat word om godsdiens-onderrig te gee. Indien gewillige, oortuigde lede van 'n godsdiens nie in die onderwyskorps gevind kan word nie, moet die plaaslike organisasie van die betrokke godsdiens genader word om 'n onderwyser gratis uit hulle geledere vir godsdiensonderrig-lestye beskikbaar te stel. Selfs as 'n meer-godsdienste-benadering gevolg word moet elke godsdiens se perspektief op 'n saak slegs deur 'n oortuigde lid van daardie godsdiens aangebied word. (Veral die Islam afgevaardigdes het hierop aangedring.)

* Ouers kan steeds skriftelik hul kinders van godsdiens-onderrigklasse onttrek.

* Christelike Studies (Bybelkunde) en enige ander Religieuse Studies, amptelik deur erkende nasionale organisasies van godsdienste aangevra (Bv. Joodse of Islam Studies), moet steeds as erkende keusevakke in Grade 10 tot 12 beskikbaar wees en onderwysers moet daarvoor opgelei word. Ook Vergelykende Godsdienswetenskap kan op aanvraag ingestel word. (Lg. is deur afgevaardigdes van die Universiteit van Wes-Kaap bepleit.)

Hierdie uiters belangrike grondvlakinsette vanuit die Noord-Wesprovinsie is blykbaar deur die Minister van Onderwys om politieke redes doodgeswyg. In geen dokument van die sentrale regering is ooit daarna verwys nie.

B. KOMMENTAAR OP DIE VERSLAG VAN DIE MINISTERIŽLE KOMITEE VIR GODSDIENSONDERRIG VOLGENS DIE BEPALINGE VAN ONDERWYSWET VAN 1996 IN SUID-AFRIKA.

Inleiding:

Die bogenoemde verslag is as konsepriglyne vir godsdiens-onderrig geplaas deur die Minister van Onderwys van die Sentrale ANC Regering in Staatskoerant nr. 19775 van 13 Februarie 1999. Hierdie kommentaar (B) volg die numerering en opskrifte van die Verslag van die MinisteriŽle Komitee waar van toepassing. Slegs punte van belang en verskil word aangespreek.

SLEUTEL-TERME

Die Riglyne verkies die term 'Godsdiensonderwys' ("Religious Education") wat 'n breŽ opvoeding oor en in godsdiens veronderstel. Uit Christelike onderwys-perspektief sou Christenskole graag die vryheid wou bekom om van Bybelonderrig of Christelike Godsdiensopvoeding te praat.

OPSOMMING VAN DIE BESTUUR (van die MinisteriŽle Komitee).

Die Riglyne maak dit vir individuele skole moontlik om Godsdiensonderrig volgens eie oortuiging en begrip in te rig, mits dit nie teen die Konstitusionele regte van leerlinge en opvoeders indruis nie ( 5, par. 3). Onafhanklike skole kan hulle eie godsdiensonderrigbeleid ontwikkel, maar moet inpas in die wetlike raamwerk van hierdie Riglyne (hoofstuk 12) en die Suid Afrikaanse Skole Wet van 1996, 45 (3)a.

Die uitgangspunte van die komitee is egter polities van aard. Die eerste uitgangspunt vir godsdiensonderwys wat genoem word, is "the need to contribute significantly to nationbuilding". Hierdie partypolitieke oogmerk van die ANC-regering (om die nasies/volkere in Suider Afrika saam te dwing in een nasie) bepaal dus die karakter van die voorgestelde godsdiens-opvoeding in die ANC beheerde staatskole. Ander politieke gesigspunte soos selfbeskikking, konfederalisme en federalisme van opposisie partye moet nou onder die dekmantel van godsdiens beveg word. Ook die unieke aard van die Christendom en Christus self (as die enigste werklike verlosser volgens Handelinge 4:12) word om politieke redes geÔgnoreer.

AANBEVELINGS (van die MinisteriŽle Komitee)

ALGEMENE OPVOEDING EN ONDERRIGBANDE (Grade O - 9)

Opsie 4 gee aan die skole die geleentheid om die godsdienstige uitkomste van Kurrikulum 2005 met eie toepaslike inhoud te vul wat "veelheid van perspektiewe" insluit; asook 'n eie aanvullende godsdiens-opvoedingsprogram in "aanpasbare, beskikbare tyd." Die beleid moet gelyktydig saam met Kurrilulum 2005 ingebruik geneem word.

VERDERE ONDERWYS EN OPLEIDING BANDE. (VOO)

'N NUWE VOO BELEID

5.2.1 BASIESE LEER (ONDERRIG).

Dit word aanbeveel dat Godsdiensonderwys en (Skool) Voorligting tot een studie-area saamgevoeg word om 'n sub-studieveld te word onder die opskrif "Verantwoordelik Lewe" (Lewensopvoeding). Die volgende ses belangrike areas word aanbeveel:

* Morele vraagstukke wat uit die perspektiewe van 'n verskeidenheid van (lewens- en) wÍreldbeskouinge bestudeer word.

* Inter-kulturele en inter-godsdienstige vaardighede ("skills").

* Professionele- en arbeidsetiek.

* Loopbaanvoorligting en beroepsrigtings.

* Gesondheid en Voeding.

* Burger-opvoeding.

Die laaste twee areas behoort glad nie in hierdie studie-area nie en word moontlik slegs hier geplaas deur persone wat graag die invloed en tyd van godsdiensonderwys wil inkort. Gesondheid en Voeding was nog altyd as deel van die Biologie as studie-area beskou. Burger-opvoeding hoort meer by die Geskiedenis as studieveld. Christelike norme en waardes moet in elk geval op alle studietereine bygewerk word as die Christelike ouer en leerlinge werklike opvoedingsvryheid gegun word. Net so kan inter-kulturele en inter-godsdienstige vaardighede net so goed bespreek word by Geskiedenis se area vir Kultuurgeskiedenis wat in die hedendaagse Sosiale Studies propageer word.

Die inbring van nie-Bybelse studiemateriaal in die godsdiensonderwystyd word ervaar as 'n poging om die Christelike leerling te vervreem van die Bybelse wortels van sy opvoeding.

Ook die tweede opsie, om vir 2 krediete (2 periodes per week?) die eerste drie bogenoemde areas te bestudeer verskraal Godsdiensonderwys tot 'n bloot horisontale etiese studie. Christelike etiek is wel belangrik, maar die kern van die Bybel en die Christendom bly die persoon en heilswerk van Jesus Christus. Elke Christen-leerling moet die vryheid gegun word om dit volgens die keuse van ouers meer volledig te bestudeer.

5.2.2 KERNKEUSES

Sub-studievelde soos die volgende kan onder Mens- en Sosiale Wetenskappe onder die studieveld "Gemeenskap en Godsdiens" aangebied word: (Waarskynlik 'n "keusevak" in Grade 10 tot 12.)

* Afrika Christendom HG en SG

* Afrika Tradisionele Godsdiens HG en SG

* Bybelkunde HG en SG

* Hindu Studie HG en SG

* Islam Studie HG en SG

* Joodse Studie (JudaÔsme)

* (Vergelykende) Godsdiens-wetenskap HG en SG

Hierdie studies moet akademies en beroepsgerig wees. Aspekte soos hermeneutika, historiese agtergrond, kritiese en interpersoonlike vaardighede moet ingesluit word.

Dit is onbegryplik dat die Christelike Studie nou in twee verdeel word, nl Afrika Christendom en Bybelkunde. Die studie van die Bybel vorm tog die basis van die hele Christendom. Die S A Sertifiseringsraad maak reeds voorsiening dat 40% van alle punte in Bybelkunde Gr 12, HG, aan "insig" toegeken word. Dit word verstaan as eie uitleg en toepassing solank dit op Bybelfeite gegrond word. Dit gee die vryheid aan enige leerling om sy eie sieninge weer te gee, solank as wat dit met verwysings na die Bybel ondersteun word. (Ook die leerlinge uit die Christelike kerke van Afrika). Meer vryheid het leerlinge uit die Afrika Kerke nie nodig nie. As vir hulle uitsonderlike voorsiening gemaak word, wat dan van die Gereformeerde, Roomse, Lutherse en Pinkster Christendom? Hier word ernstig afgewyk van die opvoedkundige beginsels dat Dogmatiese studies op skoolvlak so ver as moontlik beperk word tot basiese geloofsleer wat deur alle Christene onderskryf word. (Die Apostoliese Geloofs-belydenis.) Christelike Studies (Bybelkunde) word hierdeur ook onnodig verdeel. (Dit word moontlik juis deur mense voorgestaan wat Bybelkunde nie goedgesind is nie of tradisionele Afrika Godsdiens onder die dekmantel van die Christendom wil aanbied.)

HOŽR ONDERWYS EN OPLEIDING.

Die feit dat onderwysers tydens hul opleiding die beginsels en praktyk van die "hoof- godsdienste van Suid-Afrika", moet bestudeer om aan die vereistes van die Nasionale Kwalifikasies Raamwerk te beantwoord kan vervlakking in standaarde meebring, aangesien beperkte, beskikbare tyd tussen godsdienste verdeel moet word. Dit wyk ook af van die beginsel dat slegs toegewyde lede van 'n godsdiens onderwys in die godsdiens moet gee, soos deur alle onderwyskonferensies besluit.

HISTORIESE AGTERGROND.

CHRISTELIKE NASIONALE ONDERWYSBELEID.

Die beleid word eensydig en polities-gekleurd as 'n onderdrukkende en mislukte onderwysbeleid voorgestel. Die bewering dat nie-Gereformeerde kerke se sieninge en medewerking teengestaan en dat die Gereformeerde Teologie op mense afgedwing is, is blatant onwaar. Ons noem enkele voorbeelde:

* Kerklike Dogma is uitdruklik deur die onderwysdepartemente in skole verbied. BreŽ "Christelike leerstof, gegrond op die Bybel" is vereis. Die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Tien Gebooie en die Onse Vader-gebed, wat deur alle Christene bely en aanvaar word, is as basis vir die toegelate geloofsleer in Bybelkunde en ook as Godsdiensonderrig kern-sillabus vir st 8 tot st 10 gebruik.

* Christene uit ander tradisies het puik insette en leerstof vir Bybelonderrig gelewer wat wyd in skole gebruik is. Ons dink aan Scripture Union, die Christian Education Movement (met sy talle onderwysers-seminare), die Universiteite van die Witwatersrand en Natal, die Barettereeks van handboeke, ens. (Lg. Handboeke deur 'n skrywer uit die Roomse Kerk word wyd gebruik en is een van die beste HoŽr Graad handboeke beskikbaar.)

* Vakadviseurs; eksaminatore en moderatore, wat nie lidmate van kerke van gereformeerde belydenis is nie, is vir Godsdiensonderrig en Bybelkunde in onderwys-departemente onder die CNO-wet aangestel.

* Leerlinge kon met skriftelike toestemmimg van ouers hul aan godsdiensonderrig klasse en gosdiensgedeeltes van saal-byeenkomste onttrek.

* Joodse en Islam skole kon hulle eie studies instel selfs as eksamenvakke (NOD).

* Duitse skole is toegelaat om godsdiensperiodes vir die onderrig van Duits te gebruik en eie (Lutherse) godsdiens-onderwys as deel van buitemuurse programme aan te bied.

Die CNO-wet het slegs erken dat die meeste leerlinge en ouers aan die Christelike Godsdiens behoort en ouers en onderwysers die vryheid gegee om dit te onderrig. Duisende onderwysers het 'n sukses van die voorreg gemaak en vele puik provinsiale leerplanne en leerstof met eie aanvulling is gebruik. Sukses het (soos in alle vakke) van die verantwoordelikheid van die onderwyser en skoolhoof afgehang.

INTERNASIONALE RIGTINGWYSERS ("Trends")

DIE NEUTRALE OF SEKULÍRE MODEL (VSA)

Die sterk reaksie tot sekulÍre onderwys in die VSA word as waarskuwing vermeld. Sedert 1984 is 17 000 Protestants-Christelike Privaatskole in die VSA gestig waarvan die leerlingtal reeds 2,01 miljoen beloop. Daarom beveel die MinisteriŽle Komitee aan dat Godsdiensonderwys in staatskole moet bly anders sal die Christelike skole vinnig vermeerder.

Die GeÔntegreerde Pluralistiese (Multi-Religieuse) Model (Kanada, AustraliŽ en New Zeeland).

Die negatiewe reaksie teen hierdie model in Kanada word doelbewus verswyg. In British Columbia het honderde Christen-privaatskole as verset teen die stelsel opgeskiet. (NB: Pragtige leerstof vir Christelike verryking op die kurrikulum vir alle skoolvakke kan bestel word van die Society of Christian Schools in British Columbia, 7600 Glover Road, Langley. British Columbia. V3A 6H4 Canada.)

DIE ENKEL GODSDIENS MODEL. (Noord-Ierland en Lesotho)

Die model word sterk afgewys as gegrond op die "staats-godsdiens" idee. Dit word beskou as on-demokraties en teen die bestaande konstitusie van die ANC-staat en onderdrukkend teen minderhede se godsdiens.

Voorgenoemde is totaal onwaar:

As die godsdiensonderrig by 'n skool op die keuse van die ouers berus, gee dit ouers juis hul demokratiese vryheid om hul kinders in 'n eie godsdiens en lewens- en wÍreldbeskouing op te voed. Die konstitusie waarborg juis groepe se kulturele en godsdienstige vryhede. Voorsiening vir minderheids-groepe tot godsdiens deur eie godsdiensonderwysers word juis deur sulke groepe verwelkom en is nie onderdrukkend nie. Buitendien, die keuse van 'n skool deur ouers behoort immers godsdienstige en kulturele oorwegings in te sluit.

DIE PARALLEL ENKEL GODSDIENS MODEL (NigeriŽ en Israel)

In diť model kies groepe ouers in die skool die leerinhoud vir Godsdiensonderrig van hul eie kinders. Dit word toegegee dat die meerderheid Suid-Afrikaners deur hul voorleggings hierdie model verkies. Die model is ook by 'n reeks onderwys-konferensies (Bv. die konferensie in Mmabatho van die L.U.K. vir Onderwys in 1996.) as model voorgestel.

Dit word vanweŽ ANC politieke beleid afgewys. Die ANC is nie bereid om die voorleggings uit "grondvlak" hier te aanvaar nie. Demokratiese optrede pas nie hier hul beleid nie. Dit sou dan tot "polarisasie", "godsdienstige apartheid" lei en die ANC se Uniale Staatsidee (smeltkroes) ondermyn. Kinders mag onredelik godsdienstig beÔnvloed word. Dit is ook teen die wÍreldeenheid idee en kan "onprakties" wees.

Hierdie model word juis internasionaal as die ware "demokratiese" model beskou omdat dit ouers die demokratiese vryheid gee om hul kinders in vryheid in hul eie godsdiens op te voed. Dit is die enigste model wat die Bybelse gelowige kan pas. (Deut 6: 4-15)

OMSENDBRIEF 13/2001 VAN 6 MAART 2001 VAN GAUTENG SE ONDERWYS-DEPARTEMENT

Voordat 'n amptelike Witskrif oor Godsdiensonderrig (soos steeds beloof word) verskyn het, stel die Gauteng Onderwysdepartement in punt 6 van genoemde omsendbrief die volgende beleid in:

* Godsdiensonderrig moet as deel van LewensoriŽntering aangebied word.

* 'n Vele-godsdienste-benadering moet te alle tye gevolg word. (Verwys na "Curriculum 2005 --- A Religious Education Perspective, p49.)

* Godsdienstige inhoud mag nie vanuit 'n enkel-godsdiens perspektief gegee word nie. (6.4)

* Leerlinge moet deel vorm van die godsdienstige onderrig-program en mag nie uit 'n klas verskoon word nie, al vra die ouers daarvoor (Nota by 6). (D.w.s. geen godsiensvryheid sal toegelaat word nie.)

D. SLOTOPMERKING

* Die voorgestelde Godsdiens-onderwysbeleid bevat 'n duidelike en dikwels anti-christelike karakter.

* Dit is deel van die ANC se beleid gegrond op hul Holistiese staatsidee en die skep van 'n enkel nasie.

* Dit is in wese Humanisties van aard en wil Godsdiensonderwys vervlak tot 'n horisontale etiese studie van menslike idees.

* Uiters belangrike "grondvlak" insette word geÔgnoreer (soos die Noord-Wes se L.U.R.-Konferensie).

* Die kommentaar op die bogenoemde MinisteriŽle Komitee se verslag wat deur talle Afrikaanse Kerke en Onderwysersunies en Verenigings soos die VCHO ingestuur is, asook ander Christelike Kerke en organisasies, gaan totaal geÔgnoreer word soos dit blyk uit die voortydige implimentering van die verslag in Gauteng.

* Godsdiensvryheid sal totaal weggeneem word en 'n veel-godsdienstige benadering sal deur skole en staatsmedia op almal afgedwing word.

* Die verskyning van die Witskrif oor Godsdiens-onderwys word doelbewus vertraag totdat die regering se beleid van 'n vele-godsdienste-benadering en UBUNTU as "staats-godsdiens" stil-stil deur Kurrikulum 2005 ingevoer is en die Christene se weerstand genoegsaam afgebreek is.

E. AANBEVELINGS

1. Die gevare van die voorgestelde beleid in die verslag van die MinisteriŽle Komitee oor Godsdiens-onderwys in Openbare Skole (soos reeds voortydig in Gautengingestel) vir die Christendom moet onder die aandag van ouers en onderwysers gebring word.

2. Die Verbondsouers en onderwysers moet op hul verantwoordelikhede kragtens hul doopgelofte en geloofsbelydenis voor gemeentes gewys word. Bybelonderrig en Christelike opvoeding moet 'n prioriteit vir ouers in elke verbondshuis word.

3. Onderwysersunies, Skool-Beheerrade en verenigings moet toesien en onderwysers aanmoedig om die tyd en geleenthede vir Christelike Godsdiensonderrig (as deel van LewensoriŽntering - "Life Orientation") ten volle deur kwaliteit Christelike onderrig te benut.

4. Onderwysersunies en Christelike Verenigings moet onderwysers in alle skole aanmoedig om (staande in die Amp van Gelowige) Bybelse leerstof en gesigspunte in alle vakke aktief by te werk, waar van toepassing. Tyd afgestaan vir Godsdiens-onderwys moet in die eerste plek vir Bybelonderrig gebruik word. Die HERE moet meer gehoorsaam word as selfs owerhede (Romeine 8:31-39 veral vers 38 en 39).