Wat Is Christelike Onderwys?

P. H. Stoker

1 Waar kom die wetenskap vandaan?

Christelike onderwys moet wetenskaplik begrond wees.
Daarom moet ons eerstens die vraag wat wetenskap is, beantwoord.

1.1 Die Griekse denke

Volgens ons sintuie bestaan die wÍreld uit oneindig baie variŽteite van dinge en gebeurtenisse. Die wÍreld neem ons waar en ervaar ons deur ons sien-, hoor-, ruik-, proe- en voel-sintuie. Ons voel bv. of iets warm, koud, hard, of sag is. Om dit alles te verstaan moet ons een of ander ordelikheid uit die waarnemings skep. Die natuur kom ordelik voor: die son kom elke dag op en gaan weer op gesette tye onder; wolke bring reŽn; van 'n bepaalde saadsoort kom altyd dieselfde plant met dieselfde kenmerkende blare, blomme of vrugte op. So kan ons baie meer voorbeelde noem.

Vir primitiewe bevolkings is die boek van die skepping 'n boek van stories wat in gewone taal vertel van daaglikse menslike wedervaringe. Daar bestaan vir hulle menigvuldige gode en geeste wat deur gebeurtenisse in die natuur werk. Deur hierdie gode en geeste in die natuur word die natuur verpersoonlik. Hierdie mitologieŽ maak die mens met die natuur en gebeurtenisse in die natuur vertroud, maar daardeur word nie 'n eenheidsvisie van die natuur en gebeurtenisse bevorder nie.

Die Griekse wÍreld het om en by die sesde eeu voor Christus 'n intellektuele (logies-beredeneerde) verklaring van sintuiglik-waarneembare alledaagse werklikhede aanvaar. Uit hierdie sintuiglike kennis is deur logiese denke vir die eerste keer wetenskap gevorm. Die Griekse wetenskap het egter nie tot die tegniek deurgewerk nie, want verstandelik-beredeneerde denke was ver verhewe bo die tegniek wat uit handearbeid met eenvoudige gereedskap en dierekrag (sg. bestaanstegniek) bestaan het om aan onmiddelike lewensbehoeftes van die mens te voorsien. Daar was geen motivering tot tegniese ontwikkeling nie.

1.2 Thomas van Aquino (1225 - 1274) en die Renaissance

Vir die vroeŽ Christene was God die waarheid waardeur die werklikheid verstaan moet word. Die onmiddelike verband met God geskied in die mens se gees en nie in die wÍreld nie. Die denke in die Middeleeue was dan ook op die mens se gees en sy verbintenis tot God gerig en nie tot die wÍreld waarin die mens leef nie. Dit was eers met die Italiaanse Renaissance en die Hervorming dat die mens se denke en belangstelling weer langsaam tot die natuur teruggekeer het. Thomas van Aquino het, as voorloper tot die Renaissance, weer nadruk op die 'natuur' gelÍ. Voor Thomas het die mens aanvaar dat die hemelse dinge by verre die belangrikste was en dat hulle so heilig was dat hulle slegs simbolies maar nie realisties (soos hulle werklik is) voorgestel mag word nie. Die gewone aardse dinge was vir die Middeleeuse kunstenaar in feite oninteressant. Thomas het egter die natuur weer belangrik gemaak in die denke, maar maak daarby 'n heel merkwaardige onderskeid tussen wat gewoonlik genoem word: 'natuur' en 'genade'. Tot die natuur behoort die 'laere': die skepping, die aarde, die sigbare wÍreld en sy onderlinge verbande, asook die liggaam. Tot die genade behoort die 'hoŽre': God die Skepper, die hemel, die onsigbare wÍreld en sy invloed op die aarde, die geestelike en die siel van die mens. Hieruit volg dat by die terrein van die genade die geloof te pas kom en op die terrein van die natuur werk die verstand. Thomas erken dat daar tussen natuur en genade 'n soort eenheid moet bestaan. Die gevolg van hierdie opvatting en denkpatroon was dat die geloof in God tot enkele sektore van die lewe, nl. die kerk en persoonlike vroomheid, beperk is, terwyl die wetenskappe gebou word op waarneming van feite, deur rasioneel (met die verstand, die denke) dit te beskryf wat waargeneem word.

In die Renaissanceis die natuur en die liggaamlike herwaardeer en verkry hulle weer hul eie plek en waarde soos deur God in sy skepping bedoel. Dit is die positiewe van die Renaissance. 'n Negatiewe element het egter tegelyk ontstaan. Thomas het geleer dat die wil van die mens na die sondeval verdorwe was, maar nie sy verstand nie. Thomas verleen aan die verstand van die mens 'n outonomie ('n selfstandigheid, 'n onafhanklikheid) waardeur die filosofie vryer was om te beweeg as ooit te vore, onafhanklik van die Bybel. Ook in die letterkunde en in die skilderkuns begin die mens die natuur as natuur te beskryf en te skilder. Hiervandaan het die pad van outonome humanisme heeltemal oop gelÍ.

1.3 Die Hervorming

In 1517 het die Hervorming begin, nie uit die Renaissance nie, maar teenoor die Renaissance. Die Hervorming het van die groeiende humanisme van die Roomse kerk weggebreek deur aan te toon dat die bron van die afdwalinge voortspruit uit die 'onvolledige' sondeval wat Thomas van Aquino verkondig het. Volgens die Hervorming was die sondeval totaal: nie alleen die wil nie, maar ook die verstand van die mens is verdorwe; die verstand van die mens is nie outonoom nie, alleen God is outonoom.

Met die Hervorming het die Christene weer die natuur as 'n gawe van God aan die mens gesien, wat die mens kan ondersoek, bewerk en bewaar. Die mens mag uit die skepping haal wat God daarin gesit het, maar alles moet tot eer van die Skepper gedoen word, met die mens as rentmeester van die Skepping.

Die Hervorming het nuwe betekenis gegee aan die skepping van die wÍreld deur God en die voortreflike genade van God, wat gerig is op die wÍreld wat Hy deur Sy genade gemaak het, en wat gerig is op die roeping van die mens en op die volvoering van Sy Raadsplan met die skepping. Dit is daarom nie verrassend dat die grondslae van die moderne natuurwetenskappe in die Christelike Weste (Europa) geleŽ is en nie in een van die bekende antieke beskawings soos diť van die ou Babiloniese ryk, of Egipte of Sjina nie. Dit blyk duidelik uit wetenskaplike geskrifte van baanbrekers van die moderne natuurwetenskappe, wat Christene is soos Copernicus, Keppler, Pascal, Boyle, Newton, Faraday, Maxwell, AmpŤre, en Pasteur, dat hulle navorsing deel uitgemaak het van die mens se gehoorsaamheid tot sy Skepper.

Die moderne natuurwetenskappe het nie die Renaissance nie, maar die Hervorming as bakermat gehad. Van Keppler (1571 - 1630), die bekende Duitse sterrenkundige, het die volgende gebed bewaar gebly: 'Ek dank u, Skepper en Here, dat U my hierdie vreugde in U skepping, hierdie genot in die werke van U hande geskenk het. Ek het die heerlikheid van U werke aan die mense bekend gemaak vir sover my eindige gees U oneindigheid kon verstaan. As ek iets gesÍ het, wat U onwaardig was of as ek eie eer mag gesoek het, vergeef my dit dan tog genadiglik.' Galileo (1564 - 1642) het ook gesÍ: die werke van Gods vinger - dit wil sÍ wat sy hande in die skepping gemaak het - en die werke van God se mond - dit wil sÍ wat God in sy Woord geopenbaar het - kan mekaar nie teespreek nie. So het Boyle (1627 - 1692), Francis Bacon (1561 - 1626), 'n Britse filosoof, en baie ander die wetenskapbeoefening in feite gesien as 'n onderdeel van hulle Christen-wees (nl. as 'n gedeeltelike herstel van die heerskappy van die mens oor die natuur wat hy by die sondeval verloor het). Hierdie vroeŽre natuurwetenskaplikes het as Christene, as produkte van die Hervorming en nie van die Renaissance nie, die natuurwetenskappe gebou. Dit is hierdie vroeŽre natuurwetenskaplikes wat die bloeitydperk van die natuurwetenskappe ingelei het.

1.4 Slegs die eksperiment het gesag

Die outonome humanisme, wat uit die Renaissance gegroei het, het in die agtiende eeu gelei tot die sg. Verligting, wat ook die eeu van die rede genoem word. Toenemende natuurwetenskaplike kennis het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van empiristiese, naturalistiese en materialistiese beskouinge, in sterk teenstand tot kerklike leerstellinge. Dit het gelei tot die geloof van neutraliteit van die natuurwetenskappe, d.w.s. God bestaan nie as wetenskap gevorm en beoefen word nie. Al het die moderne natuurwetenskappe in die kader van die Christelike denke ontstaan, het die Christelike grondleggers van die moderne natuurwetenskappe geglo dat God 'n redelike God is en dat die mens daarom die waarheid van die heelal deur die rede sou kon ontdek.

Die neutrale wetenskap aanvaar dat die grense van menslike kenne lÍ in die geskape werklikheid self. Slegs dit wat die mens uit die geskape werklikheid deur sy sintuie kan leer, kan deel wees van die wetenskap. Die navorser is daarom gebonde tot eksperimente in sy natuurondersoek en tot die feitelike gegewens wat hy uit sy eksperimente kan verkry. Slegs dit wat waarneembaar is, hetsy visueel met die oog of deur sy apparaat, hetsy wetenskaplik-gefundeerde afleidings uit waarnemings en metings, moet dwingend aanvaar word. Dit beteken dat slegs die eksperiment gesag het. Newton sÍ letterlik dat die eksperiment die enigste reŽle (of werklikheids-) fundering van die wetenskap is. Dit is Empirisme.

1.5 Descartes (1596-1650)

Die eerste groot wysgeer van die nuwe tydvak, wat met die Renaissance 'n aanvang geneem het, was RenŤ Descartes, wat in die eerste helfte van die sewentiende eeu geleef het. Sy probleem was dat ons foute met ons redenering kan maak en dat ons gevolgtrekkings onseker sal wees as ons nie seker is van die waarheid van ons voorveronderstellings, waarvandaan ons redeneer, of van ons waarnemings nie. Op grond van die twyfelbeginsel en deur logiese beredenering het hy 'n heeltemal nuwe filosofie probeer ontwikkel. In sy soeke na ware kennis, het hy nůg (Gods-) openbaring nůg onkritiese waarneming deur ons sintuie wou aanvaar as basis vir sy nuwe filosofie. Hy het die werklikheid soos deur ons sintuie waargeneem, betwyfel, maar het uiteindelik gekom tot die uitspraak: Ek kan nie aan my bestaan twyfel nie omdat ek moet bestaan om te kan dink. Nadat hy die bestaan van die EK aanvaar het, het hy beredeneer dat God moet bestaan: Ek het 'n idee van wat volmaaktheid is. Hierdie idee kon my ervaring nie aan my gegee het nie, want my ervaring bestaan uit menigvuldige onvolmaakte dinge. Ek kon ook nie die idee van volmaaktheid uitgedink het nie omdat ek self nie volmaak is nie. Die idee van volmaaktheid moes daarom aan my gegee gewees het deur God, wat volmaak is. Daarom moet God bestaan. Ten slotte het hy tot die gevolgtrekking gekom dat die wÍreld moet bestaan omdat God my laat glo het dat die wÍreld bestaan en God my nie sal mislei nie.

Descartes se basiese beginsel was dat God in die wÍreld en in die EK is, en dat die EK (dit is onsself) nie van die wÍreld losgemaak kan word nie. Hy het niks vir waar aanvaar as dit nie bewys kan word nie. Sy advies was om elke probleem in soveel as moontlik klein stukkies op te deel, om ordelik te dink vanaf die mees eenvoudige en om 'n probleem uit soveel moontlike hoeke te beskou sodat niks buite rekening gelaat word nie. Descartes het hiermee 'n denkrigting geformuleer, wat weggebreek het van die vernuwende denke van die Renaissance sowel as van die Hervorming, en het daardeur 'n sterk invloed op filosofiese en wetenskaplike denke tot vandag uitgeoefen.

Omdat 'n materiŽle voorwerp in sy eie reg bestaan, onafhanklike van menslike bewussyn, moet, volgens Descartes, die natuurwette waaraan so 'n voorwerp onderworpe is, geheel en al in terme van ruimte en tyd geskryf kan word. Hy het 'n koŲrdinaatstel ontwikkel om die meetkunde van 'n voorwerp algebraÔes te kan beskryf. Sodoende het hy meetkunde tot algebra herlei sodat deur die beginsels van koŲrdinaatmeetkunde, die volle krag van algebraÔese metodes aangewend kon word om probleme op te los. Bv. deur die meetkundige eienskappe van 'n kromme na die taal van algebra oor te dra, het Descartes aangetoon baie meetkundige stellings baie eenvoudiger bewys kan word as deur direkte meetkundige metodes. Die Cartetiese koŲrdinaatstelsel is dan ook na hom vernoem.

Voortvloeiend uit die Renaissance en die Hervorming was daar 'n nuwe belangstelling in wiskunde. Die groeiende belangstelling in wiskunde het 'n filosofiese denkstelsel bevorder, 'n denkstelsel wat uit logiese beredenering tot een of ander waarheid wil kom, 'n waarheid wat net so vas en seker is as 'n wiskundige gevolgtrekking. Descartes se filosofie het aan so 'n benadering die grondslag gegee. Hy het geskryf dat kwalitatiewe verklarings (soos: 'n klip val omdat dit die eienskap van swaarte besit) deur kwantitatiewe groothede in wiskundige wette vervang moet word. Dit beteken dat fisiese verskynsels reduseerbaar (terug herleibaar) is tot kwantitatiewe beskrywings deur middel van wiskundige wette.

Volgens Descartes se beredenering was diere en plante nie wesenlik verskillend van masjiene nie. Dit het later tot die siening gelei dat die gedrag van diere en plante uitsluitlik deur die wette van Fisika en Chemie bepaal word. Indien diere en plante dan soos masjiene beskou moet word, is dit moeilik om nie dieselfde van die mens te dink nie. Aangesien daar geen rede was waarom die bewussyn (die intellek) van die mens filosofies anders as die liggaam van die mens benader moet word nie, het dit verder gelei tot die aanvaarding dat die bewussyn en sy intellektuele aktiwiteite ook volledig deur wette soortgelyk aan die wette van Fisika en Chemie bepaal word. Dit het weer die vraag na vore gebring of die mens 'n vrye wil het. Hierdie meganistiese beskouing het ook voortgevloei uit Newton se meganika en negentien-eeuse Fisika wat van die aanname uitgegaan het dat die natuur beskryf kan word los van God en los van onsself (die EK van Descartes). Hierdie losmaking van die wetenskap van God en van onsself was gou 'n nodige voorwaarde vir die wetenskaplike denke (die sg. neutrale wetenskap) en het meegebring dat die natuurwetenskappe vanaf die agtiende eeu besonder vrugbaar ontwikkel het.

1.6 Die eksperimentele metode

Die eksperimentele metode is sedert Galileo en Kepler aanvaar as diť metode, waaruit waarhede omtrent eienskappe van die natuur en wette of reŽlmatighede, wat in die natuur werksaam is, verkry word. Die metode het die volgende vertrekpunte:

* Sistematiese kennisverwerwing in die wetenskap is gegrond op ordelikheid in die natuur. Kennis word verkry deur waarneming, deur die eksperiment en deur meting. Hieruit word reŽlmatighede afgelei, gegrond op 'n model van die werklikheid, wat uitgaan van 'n wÍreldbeeld (die modelbeeld).

* Die EENVORMIGHEIDSBEGINSEL stel dat dieselfde wette van die natuur en reŽlmatighede, wat op aarde waarneem word, ook in die heelal geld en tydloos altyd dieselfde bly. Dieselfde kragte, wat 'n klip op aarde laat val, laat ook die maan in 'n baan om die aarde beweeg en is ook bepalend vir die beweging van die planete om die Son. Newton het hooflyne van die plan van die sonnestelsel aan die wÍreld gegee, waarvolgens die sterrekunde en wiskunde vir die daaropvolgende 150 jaar verder ontwikkel is, gegrond op sy werk. Verskeie klein afwykings van die elliptiese bane van die planete is een vir een opgelos. Die finale sukses het in 1846 gekom toe Adams en Leverrier onafhanklik van mekaar die bestaan en posisie van 'n planeet verder weg van die Son as Uranus, uit afwykinge van Uranus se baan afgelei het. Sodoende kon Neptunus ontdek word.

* KOUSALITEIT of oorsaaklikheid is 'n beginsel, wat stel dat elke gebeurtenis 'n oorsaak moet hÍ. Hiervolgens verloop alle fisiese en chemiese prosesse kontinu (deterministies) volgens natuurwette. Maar het elke gebeurtenis altyd 'n voorafgaande oorsaak? Volgens die kwantumteorie is dit nie altyd die geval dat gebeurtenisse op atoomvlak 'n oorsaak moet hÍ nie. Sommige gebeurtenisse op atoomvlak vind willekeurig (toevallig) plaas soos bv. radioaktiewe verval en die uitstraling van ligfotone.

2 Wat is Christelike wetenskap?

In Psalm 8 belei die psalmis dat die mens byna goddelik gemaak is, dat alle dinge onder sy voete gestel is en dat hy oor die werke van God mag heers, m.a.w. dat hy daaruit mag haal wat daar ingesit is, ook wetenskaplik, maar alles tot eer van die Skepper. Dit was dan ook die belydenis van die Christelike grondleggers van die huidige natuurwetenskappe, soos Galileo en Kepler, wie se gebede hierbo aangehaal is, Boyle, Newton en andere, wat hulle verset het teen deÔsme, waarvolgens God in die begin hemel en aarde geskape het en daarna van buite sit en toekyk hoe Sy skepping volgens Sy geskape natuurwette soos 'n masjien verder evolusionisties ontwikkel. In hulle geskrifte het hulle hul geloof belei dat God self steeds besig is om die natuur te regeer en te bestier. Newton, onder andere, het geglo dat dit onmoontlik is om die heelal volledig tot 'n meganiese stelsel ('n masjien) te herlei nie. Daarom moet daar noodwendig 'n ongebonde agent, 'n bo-natuurlike krag, 'n opperwese, wat nie deel van die meganiese stelsel is nie, bestaan. Vir hulle was dit God-DrieŽnheid, wat Hom in Sy Woord openbaar het.

In Genesis 2:15 kry Adam die opdrag om die tuin van Eeden te bewerk en op te pas (te bewaak), en voortvloeiend hieruit verkry alle mense die opdrag om die hele aarde te bewerk en op te pas (Gen. 3:23). 'Bewerk' beteken om van die moontlikhede, wat die skepping bied, te verwerklik en te benut, alles tot eer van die Skepper. Dit gebeur deur te werk in gehoorsaamheid aan God. 'Op te pas' hou in dat die mens enige kwaad, die sonde, van die aarde moet afweer (weg hou). Daardeur het ons die Godgegewe taak om byvoorbeeld gesondheid (geestelik sowel as fisies) by mens, dier en plant te bevorder. Die bevordering van gesondheid by dier en plant moet eerstens gemotiveer word om te sorg vir gesonde plante en diere en tweedens om gesonde plante en diere as voeding vir mens en dier te verseker. Die motief om te oes bestaan naas die Godgegewe taak om te beskerm en te versorg. Oes en nogeens oes lei tot roofbou, terwyl beskerm en versorg 'n gesonde grondslag vir die landbou is. In landbou is die regte etiese motief om te oes, te beskerm en te versorg. In die algemeen is die opdrag aan die mens om aandag te skenk aan die enorme rykdom aan plante en diere in die natuur en die verdere verryking daarvan. Ons moet steeds probeer om dit wat ons in die plante- en dierewÍreld deur menslike aktiewe en deur natuurrampe verloor het, weer terug te kry.

Wetenskapsvormingis 'n onderdeel van die Bybelse opdrag om die natuur te beheer en te versorg. Vir ons beheer en versorging van die natuur is ons verantwoording aan Hom verskuldig. Met natuur bedoel ons alles van die Skepping wat ons met sintuie en instrumente kan waarneem. Dit sluit sowel die lewenslose natuur as plant, dier en mens in, daarmee saam dan ook samelewingsverbande.

3 Eise wat aan Christelike opvoeding gestel moet word

Ons Bybelse visie op die mens en sy plek en taak in die wÍreld bepaal die eise wat aan Christelike opvoeding gestel moet word.

* Die mens is geskape deur God, uit Wie, deur Wie en tot Wie alle dinge is.

* God het die wÍreld met groot wysheid geskape, met 'n geweldige rykdom aan skepsele waaroor hul Maker Hom kan verheug en waartoe Hy die reg het dat Hy aanbid en geloof word. Die mens, wat Hy met groot gawes na liggaam, siel en gees toegerus het, is die kroon van God se skeppingswerk. Die mens is na God se beeld geskape, as Sy verteenwoordiger in die aardse werklikhede, om die aarde te vul en te onderwerp en oor die ander skepsele te heers.

* Die mense is veelvormig, d.w.s. elke mens word geroep tot 'n taak, wat in besonder vir hom bestem is en word toegerus met nodige gawes tot voltooiing van sy roeping. Daarvoor kry elke individu sy eie vermoŽns en eienskappe om sy taak uit te voer met verantwoordelikheid teenoor God.

* Die mens leef in verskillende verbintenisse: tot God, tot sy medemens en tot die dinge in die wÍreld om hom heen, alles wat weer onderling met mekaar verweef is. Selfbeheersing, deur biddend na God te luister en volgens sy gebooie te leef, kenmerk die mens se verhouding tot God, sy omgang met sy medemens en met die wÍreld om hom heen en in die sien en beleef van homself.

* Die gevolge van die sondeval van die mens het die hele skepping, waarin die mens die hoogste posisie verkry het, beÔnvloed. Die mens ervaar die mag van die sonde en die gevolge daarvan nog daagliks. God het egter deur Sy Liefde nie die mens en die wÍreld, Sy skepping, losgelaat nie. Hy het Sy Seun, Jesus Christus gestuur om versoening van ons sonde deur Sy lyding aan die kruis en opstanding uit die dood te doen. Die gelowige, wat Jesus Christus as sy verlosser aanvaar, groei deur die werking van die Heilige Gees daagliks al hoe nader tot God.

* In Sy herskeppingswerk deur Jesus Christus beperk God Hom nie slegs tot die redding van die mens uit die wÍreld van sonde nie, maar die herskepping het kosmiese betekenis; die hele wÍreld met alle skepsele word daarin betrek. Ook die ongelowige mense, wat weier om hulle met God te laat versoen, is desondanks ook ingeskakel in die uitvoering van God se Raadsplan. God laat die ongelowige mense nie los nie: Hy gee hulle nog daagliks baie goeie dinge en hy hou die volle deurwerking van die sonde teŽ.

* Die Christen word geroep tot 'n lewe en werk in 'n sondige wÍreld en samelewing. Hy sal hom nie afsonder van die samelewing nie, maar wel daaraan deelneem. Hy kan egter nooit sonder meer vrede maak met 'n bestaande toestand nie. 'n Bestaande toestand bepaal nie die aanvaarde norm vir 'n Christen nie, maar slegs die gesaghebbende Woord van die Bybel is rigtinggewend vir sy denke en optrede.

4 Christelike vakonderrig

* Alle wetenskap is die oopdekking van God se Skepping, en staan in die lig van die skeppingsgebod: onderwerp die aarde en heers daaroor (Gen. 1:28).

* Christelike vakwetenskap moet 'n tempel van God wees - ook in my wetenskapbeoefening en onderwys is ek in Sy diens.

* Ons erken die vervloeking van die aarde, insluitend die mens, met die sondeval, en die verlossing deur Jesus Christus

* Die doel van ons wetenskap en die beoefening daarvan is nie die verhoging van die mens, om soos God te word nie, om alles te beheers tot heil van die mens nie, maar om dit as 'n genadegawe van God te gebruik tot oorlewing op aarde, as geroepene uit, deur en tot God, om sodoende te werk tot verheerliking van Sy Naam en tot koms van Sy Koninkryk.

* Ons erken die verskeidenheid en die eenheid in die Skepping. (Die werklikheid is kompleks. Daarom verdeel ons die werklikheid in vakwetenskappe, wat weer elkeen in klein afdelings deur wetenskaplike benaderingsmetodes en deur spesialisasie onderverdeel word. Eenheid in en Christelike perspektief op die Skepping van God kan slegs verkry word as die verskeidenheid in die skepping, die indeling in vakwetenskappe en die onderverdeling van vakwetenskappe in afdelings, met mekaar in verband gebring word in die lig van die Woord van God).

* Ons onderrig dieselfde wetenskaplike kennis as "neutrale" staatskole, maar in ons onderrig vestig ons gereeld die aandag op

** die talle -ismes (meganisme, positivisme, determinisme, indeterminisme, intuÔsme, formalisme, logisisme, vitalisme, ens.)

** die voorveronderstellings waarvan elke onderdeel van 'n vakwetenskap uitgaan

** die verbygaandheid van wetenskaplike denkpatrone, soos dit in die geskiedenis van die wetenskappe duidelik na vore kom (wetenskap is 'n kultuurproduk van die mens en kan nie as absoluut waar voorgehou word nie)

** die lewensbeskoulike invloede in wetenskapsvorming

** die beperktheid van die wetenskap en wetenskaplike kenne

** die verband van 'n onderafdeling van 'n vak met die groter geheel

** toepassings van die wetenskappe in Christelike perspektief - rentmeesterskap

* Ons erken dat die werklikheid, waaruit ons wetenskap vorm, veel meer omvattend is as die kennis wat ons deur sintuiglike en eksperimentele waarneming verkry.

* Ons erken dat die waarnemings en dit wat ons uit waarnemings aflei, lewensbeskoulik bepaal word.

Daar is alreeds op verskillende vakgebiede heelwat werk gedoen in die buiteland en ook in Suid-Afrika, waarby ons in Christelike vakonderrig met vrug aansluiting kan vind.

5 Die taal in die onderrig

Kinders in die ouderdomsgroep tussen 2 en 7 jaar is in die sogenaamde voorbegripsmatige stadium. Dit is 'n periode in hulle lewens waarin hulle eenvoudige simboliese voorstellings of denkbeelde vir hulle self maak. Hulle kan dinge maklik inbeeld of voorstel. Hulle is baie lief vir stories, fantasie en versinsels. Die opvoeding van ouers en onderwysers moet dan ook by hierdie denkstadium van die kind aangepas word. Tandmuis, feetjies en kabouters is werklikhede in die wÍreld van die kinders in hierdie ouderdomsperiode. Ouers en ander opvoeders is egter ook geneig om kinders te vertel van dinge soos "Moeder Natuur", "ou Vader Tyd", en om stories te vertel waarin alle dinge lewe: horlosies wat praat, klippe wat spring, en dies meer. Tekenprente op o.a. televisie versterk hierdie manier waarop kinders die werklikheid sien en benader. Sodoende word die skeidslyn tussen die nie-lewende en lewende werklikheid uitgewis en kinders begin aanvaar dat een vorm van lewe in 'n ander vorm van lewe kan oorgaan. Op skool sluit onderwyseresse in die grade dikwels aan by hierdie verbeeldingsvlugte. So bestaan die neiging om te beweer dat "Moeder Natuur" daarvoor gesorg het dat byvoorbeeld ons ore nie glad en plat is nie, maar geskulp en vol riffels is sodat ons beter kan hoor.

Prof. J.L. van der Walt (Die Kerkblad 8 Nov. 1995:24, 25) het skoolhandboeke deurgewerk en gevind dat daar min tereg kom in die onderwys van 'n Skriftuurlike of Skrifgefundeerde benadering. 'n Skeppingsperspektief ontbreek feitlik geheel en al in die voorgeskrewe handboeke. Die feit dat God die dinge in die werklikheid so geskep het dat hulle in hulle omgewing kan funksioneer en voortbestaan, word prakties nÍrens in skoolhandboeke of leerplanne aangetref nie.

Onder die invloed van die noodwendigheidstradisie sal ons eerder aanvaar bv. dat die groottoon van die mens so groot ontwikkel het omdat dit 'n baie belangrike funksie vervul by vastrap as die mens loop of hardloop; dat die kameelperd se lang nek ontwikkel het om hoog in die boomtoppe te kan wei; dat sommige renosters se lippe puntvormig ontwikkel het sodat hulle daarmee blare kan vreet, terwyl ander se lippe hoekig ontwikkel het om gras te kan vreet. Waarom kry God as Skepper nie die eer vir hierdie besondere doelmatighede nie? Waarom moet ons steeds bly dink en praat in terme van 'n noodwendigheidstradisie, waarop Darwin die ewolusieteorie gegrond het? Lees gerus weer Psalms 8 en 139 en Job 38:1-5 en 38:18-24.

6 Taal en lewensbeskouing

* In die skepping het God aan die mens die taal gegee om tot kennis van Hom te kom, om tot Hom te spreek (te bid), om Hom te dien en te eer; ook om as kommunikasiemiddel te gebruik in sy verbintenis tot sy medemens, tot die wÍreld om hom heen en tot homself.

* God wys in die Bybel die mens op die funksie van die taal en op die manier waarop die mens die taal behoort te gebruik.

* Die taal bied aan die mens die moontlikheid vir sosiale funksionering binne die kader van God se herskeppingswerk deur die kruisiging en opstanding van Jesus Christus.

7 Geskiedenisonderwys en lewensbeskouing

In Christelike geskiedenisonderwys moet duidelik na vore kom dat die geskiedenis in die teken van die voltooiing van God se heilsplan staan. Geskiedenis begin met die skepping, waarmee God 'n plan gehad het, wat egter deur die sondeval in die paradys versteur is. Volgens God se skeppingsopdrag bou die mens, maar deur die sonde breek die mens af en verwoes. Deur sy sondige natuur tree die mens selfverheffend en selfvernietigend op, maar deur selfbeheersing is hy 'n beelddraer van God.

Geskiedenisonderwys beoog om die leerlinge voor te berei op 'n lewe, waarin hulle, uitgaande van God se liefdesgebod, antwoord moet kan gee ten opsigte van alle lewensvrae. Leerlinge moet 'n historiese besef ontwikkel, om te kan verstaan waarheen die mens op pad is en wat die huidige stand in die geskiedenis is. Deur die historiese feite te ken en met aanvaarding van God se Raadsplan, is dit moontlik om die sin van die geskiedenis te sien in die redding van die mens deur Jesus Christus. Hierdeur verkry die feite van die wÍreldgeskiedenis 'n ander betekenis.

Die ontwikkeling van 'n tydsbegrip by leerlinge is 'n essensiŽle voorwaarde vir die ontwikkeling van 'n historiese besef. Die geskiedenis berus op 'n chronologiese ordening van feite. 'n Historiese bewussyn word gekenmerk deur 'n besef by die mens dat hy in 'n voortgaande tyd leef, 'n tyd wat verbind is met alles wat verby is, maar wat self 'n element van die mens se voortgaande geskiedenis is, en dat elke tydvak deur 'n bepaalde wÍreldvisie gekenmerk word.

8 Evolusionisme, ouderdomsbepalinge en antwoorde uit die Bybel

Ons beswaar teen 'n evolusionistiese siening op die natuur is

(a) die evolusionisme aanvaar 'n natuur sonder God

(b) 'n evolusionis ontken dat die natuur deur God gemaak is en hy ontken dat die natuur deur God bestuur word

(c) 'n evolusionis aanvaar 'n geslote wÍreldbeeld, 'n wÍreld wat deur eie krag van laer na hoŽr vorme ontwikkel, aangesien hy nie die bestaan van God Drie-eenheid binne of buite die sigbare heelal aanvaar nie

(d) 'n evolusionis aanvaar 'n evolusie deur natuurwette as selfstandige kragte, vanaf 'n fisiese evolusie wat met die oerknal en vorming van materie uit energie begin het tot die vorming van sterre, planete, en galaksies, daaropvolgend 'n chemiese evolusie vir die geleidelike ontwikkeling van eenvoudige stowwe (molekule bestaande uit waterstof, stikstof en suurstof) na ingewikkelde stowwe (soos protiŽne), en ten slotte 'n biologiese evolusie waarvolgens laer organismes geleidelik na hoŽr organismes en vorme van lewe ontwikkel.

(e) 'n deÔstiese visie op die natuur, wat tussen die evolusionistiese en Bybelse siening staan met die beskouing dat die heelal soos 'n masjien deur God aan die gang gesit is, wat daarna volgens ingeboude wette van die natuur verloop met God as toeskouer.

Die mens kan die natuur nie deurgrond nie. God het alles in die wÍreld gemaak en die mens geskape om Hom beter te leer ken deur Sy Skepping te ondersoek. God het alles gemaak soos dit tans is en bestuur die wÍreld volgens Sy Raadsplan tot 'n voleinding. Ons as mense kan egter God se werke in die natuur nie volledig verstaan en verklaar nie. Isaac Newton het kort voor sy dood gesÍ: "Ek weet nie wat ek vir die wÍreld beteken het nie, maar vir myself lyk dit of ek slegs soos 'n kind was, wat aan die seestrand gespeel en hom vermaak het deur af en toe 'n gladder klippie of 'n mooier skulp as die gewone te vind, terwyl die groot oseaan van die wÍreld nog onontdek voor my uitgestrek het". Hierdie beskeidenheid dat hulle min weet, kry ons by natuurwetenskaplikes, wat onder die indruk van die grootsheid en wonderbaarlikheid van die skepping kom..

In baie handboeke lees 'n mens dat fossielbrandstowwe soos aardolie, aardgas en steenkool in 'n proses, wat miljoene jare geduur het, gevorm is uit reste van plantjies en diertjies, wat daarvoor geleef het. Allerlei ouderdomsbepalings van fossiele en gesteentes dui daarop dat baie aardlae reeds miljoene jare oud is. Nie een van die metodes, waarmee ouderdomme bepaal word, lewer bewyse dat die materiale werklik so oud is soos deur die metodes bereken word nie, omdat al die metodes op bepaalde uitgangsaannames en veronderstellings berus. Die radio-aktiewe metode, byvoorbeeld, veronderstel dat radio-aktiewe verval oor al die miljoene en selfs miljarde jare steeds met dieselfde tempo plaasgevind het. Daarvoor bestaan daar geen bewys nie. Ook in astronomie (sterrekunde) word sterre en sterrestelsels waargeneem, waarvan die lig volgens wetenskaplike berekeninge miljoene tot miljarde jare neem om ons te bereik. Al hierdie ouderdomsberekeninge aanvaar dat die tempo waarteen veranderinge plaasvind, dieselfde was oral in die heelal en op aarde oor al die miljarde jare.

Volgens die argeologie het die huidige mens, geologies gesproke, eers baie onlangs op die aarde sy verskyning gemaak. Die beoefening van landbou het vir die eerste keer 8 000 na 10 000 jaar gelede voorgekom, terwyl die hedendaagse mens sowat 10 000 jaar gelede vir die eerste keer skielik verskyn het. Landbou is 'n kulturele aktiwiteit van die mens, volgens die skeppingsopdrag van God. Die mens word as 'n kulturele wese gekenmerk deur die plant, kultivering van gewasse en die oes van voedsel. Hierdie aktiwiteite voorsien die basis vir vestiging van gemeenskappe met uiteenlopende sosiale strukture. Die oudste stede het ook 8 000 na 10 000 jaar gelede bestaan. Die evolusieleer het geen verklaring vir die skielike verskyning van die hedendaagse mens en waar sy kulturele vermoŽns skielik vandaan kom nie. Hierteenoor kan die vraag gevra word waarom God miljarde jare gewag het nadat Hy hemel en aarde geskape het (Gen. 1:1) voordat Hy die eerste mensepaar geskape het?

Kan ons hierdie vraag oortuigend beantwoord, of 'n ou aarde met aardlae, dieresoorte en sterre wat daar was lank voordat die eerste mense geleef het, te ruim is met die Bybel, waarvolgens die skepping in 6 dae voltooi is? Die Bybel gee nie op al ons vrae duidelike antwoorde nie. Daar is altyd vrae, waarop ons nie antwoorde uit die Bybel kan kry nie, en waarop niemand met bewyse kan antwoord nie.

Uit die Bybel is die volgende sake duidelik:

(a) Die aarde en kosmos is deur God geskep en word ook deur Hom onderhou en bestuur.

(b) Alle mense het voortgekom uit die eerste mens Adam. Die gedagte dat die eerste mense deur geleidelike evolusie uit diere ontstaan het, is in stryd met die Bybel. Ook weet ons uit die Bybel dat God die eerste mense nie miljoene jare gelede geskape het nie, maar slegs duisende jare gelede.

(c) Genesis 1 en 2 beskryf geskiedenis. Wat daar verhaal word, het werklik gebeur. Die 6 skeppingsdae is werklike dae, werksdae van God. Wie sÍ dat wat in Genesis 1 en 2 vermeld word, nie werklik gebeur het nie (nie geskiedenis is nie), maar 'n simboliese formulering van 'n vroeŽre geloofsoortuiging oor die ontstaan van die aarde en alles daarop is, tas die Goddelike gesag van hierdie Bybelhoofstukke aan.

Ons kan egter ook vrae stel, waarop ons vanuit die Bybel geen duidelike antwoorde kry nie omdat die Bybel oor baie dinge min sÍ. Tot hierdie kategorie behoort bv. die vraag oor die ouderdom van die aarde en die kosmos, en daarmee saam die duur van die skeppingsdae in terme van die wetenskaplik-gedefinieerde abstrakte fisiese tyd, nl. die sekonde. Die uur se duur is hiervolgens 3600 sekonde, met 24 ure in 'n hedendaagse aardse dag. In Genesis 1 en 2 en verder aan in die Bybel word telkens van 6 skeppingsdae gepraat en oor die feit dat duisternis en lig mekaar tot 6 maal toe afgewissel het, maar daar word geen melding gemaak van die duur van die dae. Dit staan nÍrens dat die skeppingsdae net soos aardse dae 24 uur geduur het nie.

9 Fundamentalisme en kreasionisme

Ons het in die vorige afdelings gesien dat die Bybel belangrike uitsprake oor die natuur maak, en dat ons vanuit die Bybel 'n Christelike visie op die natuur kry. Vir die Christen is die wete dat God alles geskape het en deur Sy Voorsienigheid in stand hou, 'n groot troos. Maar kan die Bybel ook inhoudelike gegewens vir die natuurwetenskap lewer? Of anders gestel, kan en moet ons die Bybel gebruik as 'n kennisbron vir die beoefening van die natuurwetenskappe? Die fundamentaliste antwoord hierop bevestigend. Fundamentalisme is 'n beweging wat in die 19e eeu in die VSA onder protestantse Christene ontstaan het. Hierdie beweging was en is vandag nog in stryd met die groeiende modernisme met sy kritiese houding teenoor die Bybel (skrifkritiek) en sy aanvaarding van evolusionisme. Die stroom binne die fundamentalisme wat hom in besonder besig hou met die bestryding van evolusionisme is die kreasionisme. Teenoor die skrifkritiek hou die kreasioniste vas aan die gesag van die Bybel.

Kreasioniste is oortuig dat gegewens uit die Bybel en resultate van eksegese as feite in die natuurwetenskappe kan en moet gebruik word. Hulle gebruik bv. die geskiedenis van die sondvloed (Gen. 6-9) as bron van geologiese gegewens om die geskiedenis van aardlae te beskryf, met die oortuiging die skeppingsdae 24 uur was, dat die aarde ongeveer 5000 jaar oud is en dat alle fossiele tydens die sondvloed, wat die hele aarde sou omspan het, ontstaan het. Dit het in die VSA en elders 'n stryd tussen die geologiese wetenskappe, wat 'n hoŽ ouderdom vir die aarde aanvaar, en die sondvloedgeologie ontketen. Die Bybel is nie geskryf om oor hierdie tweestryd 'n uitspraak te lewer nie. Die Bybel is nie 'n handboek met gegewens vir die natuurwetenskaplike nie, maar die Bybel is die boek vir die Verbond. Die God van die Verbond spreek Sy reddende Woord van genade tot ons. God het bv. die geskiedenis van die sondvloed nie geopenbaar om geologiese gegewens te verskaf, wat gebruik kan word vir die beskrywing van die geskiedenis van die aarde nie. Die kreasioniste fouteer as hulle die sondvloed daarvoor gebruik. God het aan ons die openbaring oor die sondvloed gegee om ons Sy oordeel oor die sonde te laat sien en vir Noag en sy gesin Sy verkiesende genade. Die heilshistoriese betekenis van die sondvloed word veral duidelik by die lees van 2 Petrus 3. Dit is egter wel moontlik dat ons in natuurwetenskaplike ondersoek gegewens kan teŽkom, wat die gevolg van die sondvloed is. 'n Christen weet immers seker dat die sondvloed wel plaasgevind het.

10 Samevatting

Christelike opvoedingsentreer om die toerusting van verbondskinders vir hulle lewenstaak, tot diens aan God en die naaste. Dit beteken dat die uiteindelike doel van opvoeding is: goedtoegeruste en selfstandige volwassenes wat God-Drie-Enig volgens Sy Woord dien, en wat bereid is om sy gawes en talente tot Gods eer en tot diens in alle lewensverbande, waarin God hom plaas, te bestee.

Die mens is veelvormig(pluriform): elkeen word geroep tot 'n taak wat spesiaal vir hom bestem is en waarvoor hy met die nodige gawes en talente toegerus is. Opvoedkundig beteken dit dat opvoeders verbondskinders help om elkeen te bekwaam vir 'n eie lewensbestemming, in diens aan God en die naaste.

Met Christelike onderwys word bedoel onderwys volgens 'n gesindheid van die hart, wat gerig is op gehoorsaamheid aan en handelinge na God se gebooie, en die aanvaarding van God se gesag op alle lewensterreine. Dit vereis 'n ingesteldheid of houding tot diensbaarheid, opregtheid, sorgsaamheid en werksaamheid. Hierin bly die verhouding tussen God en mens primÍr. Ons aanskouing van die wÍreld om ons, ons ervaring, ons gevoelens, ons redenasies en ons insig en vermoŽns word deur sonde benewel. Slegs deur die bril van die Heilige Skrif kan ons die dinge in hulle werklike verband en in hulle begrensings sien. In God se Lig sien ons die lig. Daarom aanvaar ons in Christelike onderwys en opvoeding die Bybel as die Woord van God, waardeur God Hom openbaar en waardeur 'n lewe met God moontlik is. Die Bybel is dan ook bepalend vir ons lewens- en wÍreldbeskouing. Om vrae soos: wie is ons, waarheen is ons op pad, wat is die sin van die bestaan van die wÍreld en wat is die betekenis van geskiedenis, te beantwoord, moet ons die Bybel se openbaring in sy geheel aanvaar. Die kerk gee deur sy belydenisskrifte rekenskap van sy geloof in die leringe van die Bybel.

Die visie op die mensbeÔnvloed, in die algemeen, grootliks die ontwikkeling van 'n onderwysfilosofie van 'n skool. In die Bybel openbaar God ons breedvoerig wie die mens is. Die belydenisskrifte van die kerk lewer op hierdie openbaring waardevolle bydraes oor die skepping van die mens, oor die sondeval en oor die verlossing, asook oor die verhouding van mens tot God en oor 'n herbore lewe, wat al hoe meer na die wet van God gerig moet wees.

In 'n Christelike onderwysvisie funksioneer die inhoud van onderwys om leerlinge voor te berei op die uitoefening van hulle take (roeping) in hierdie wÍreld, en hulle te leer om in die hier-en-nou te funksioneer, bv. deur sosiale vaardighede. Die inhoud van die onderwys het ook 'n persoonvormende taak met as kern Christelike waardes en normatiewe houding. Hierdie vormende taak sluit in eienskappe soos roepingsbesef, deursettingsvermoŽ, kreatiwiteit, respek vir gesag, respek vir God se skepping, en so meer. Voorts moet die inhoud die kind vorm om God as Skepper en Onderhouer van alle dinge te leer ken - in bewondering oor Sy skepping.