Grondslag van die VCHO

1. Gegrondves op die Woord van God Drie-Enig
Gegrondves op die Woord van God Drie-enig as die absolute en onfeilbare ken- en gesagsbron soos deur die belydenisskrifte, die Drie Formuliere van Enigheid, verklaar.
Huldig 'n mono-teïstiese, teenoor 'n heersende multi-teïstiese godsdiensbeskouing in die onderwys
Die VCHO vir meer as 50 jaar reeds op Christelik-gereformeerde belydenis
In diens van die opvoedings- / onderwysgemeenskap, deur die aanbieding van lewensnoodsaaklike toerusting en voorligting, sodat 'n Christelike gemeenskap / samelewing opgekweek mag word
Voorstander van en kampvegter vir Christelike opvoeding, onderwys en wetenskap
Bondgenoot vir ouers en onderwysers in die stryd teen gesekulariseerde onderwys
Reeds sedert stigting teen 'n opkomende evolusionistiese denkstroom in Suid-Afrika opgestel
2. Christelike onderwys
Wat is die wese van opvoeding, onderwys en wetenskap in Christelike sin?:
'n Erkenning en belydenis van die Koningsheerskappy van Jesus Christus as Middelaar ten aansien van die ganse skepping, wat in Hom herstel is, en waarkragtens 'n Godgerigte ontsluiting van die menslike persoonlikheid verwerklik is (teenoor 'n godeafvallige gerigtheid).
Die betekenis in Christelike sin is die normering van die uitgange van die hart (sentrum), tot eer van God, in volwassewording, kennisontplooiing en wetenskapsbeoefening.
Opvoeding en onderwys is die instrumente, waardeur die herstel van die mensheid en sy leefwêreld bemoontlik word en die mens voortaan sy kultuuropdrag soos wat dit oorspronklik in sy hart gelê was, wil gehoorsaam, te midde van die gebrokenheid en vanuit die geloofsdimensie.