Hierdie Webwerf

Wenke om die Webwerf ten Beste te Ervaar

Hierdie blad is saamgestel om 'n paar aspekte uit te lig wat miskien nie voor-die-hand-liggend is nie.

Konstruktiewe kommentaar en voorstelle vir verbeteringe word verwelkom en kan gerig word aan
intchdyn by gmail punt com
( vervang « by » met «@» en « punt » met «.» ).

  1. Drukker-vriendelike uitleg:

    Die webwerf is opgestel om die druk van webblaaie so gerieflik moontlik te probeer maak.

    In die "Drukker-uitleg" weergawe van 'n blad word 'n "minimale" bladhoof gebruik, die navigasie-knoppies word weggeneem en 'n "tyd-stempel" word bygevoeg.

    Breë blaaie is opgestel om op A4 papier gedruk te word en het ooreenkomstige bladsy-breuke ingebou.

    Smal blaaie is opgestel om op A5 papier gedruk te word (of druk A4-Landscape) en het ooreenkomstige bladsy-breuke ingebou.

  2. Blaaie sonder [Drukker-uitleg] knoppies:

    Blaaie wat nie [Drukker-uitleg] -knoppies het nie kan geredelik drukker-vriendelik vertoon word.

    Voeg net ?jst=prt direk na die URI in die adresstaaf (address bar) by en druk {Enter}.

    Probeer dit sommer nou met hierdie blad:

    • In die adresstaaf, voeg ?jst=prt direk na …/tuis/Hierdie.php by (…/tuis/Hierdie.php?jst=prt) en druk dan [Enter].
    • Doen 'n Print Preview na die blad "reggeskuif" is en kyk wat gebeur.

    • Gaan na die vorige blad terug met die webblaaier se [Terug]-knoppie (gewoonlik 'n links-pyl) om weer die navigasie-knoppies te sien.

    Let wel: Blaaie sonder [Drukker-uitleg] knoppies het meestal nie bladsy-breuke ingebou nie.

  3. Webblaaiers:

    'n Hedendaagse webblaaier word benodig om hierdie webwerf na behore te ervaar  - mens kan sekerlik vandag nog met 'n perdekar van Pretoria af na Johannesburg toe ry…… of hoe?.

    Die tyd benodig, en dus die koste, vermenigvuldig as 'n webblad anngepas moet word om op verouderde webblaaiers te werk.