Waarheen met ons kinders?

Prof. Irmhild Horn

 

1. Inleiding

Christenouers lê ?n doopbelofte af om hulle kinders tot geloof in Christus te bring. Die meeste Christenouers sorg dat hulle kinders kerk en Sondagskool toe gaan en onderrig hulle ook gedurende huisgodsdiens. Dit is goed en moet gedoen word, maar is dit al wat God die Here beveel? In Deuteronomium 6: 5-9 beveel God die volgende:

Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy moet dit as ?n herrineringsteken vasbind aan jou hande en dit moet ?n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

Die Here beveel dus dat kinders grootword in ?n omgewing wat oorheers word en deurdrenk is met Sy Woord. Onderrig in Sy Woord moet orals en altyd gebeur, met huisgodsdiens en in ons alledaagse huislike aktiwiteite. Kinders, beveel die Here, moet in huisgesinne lewe en grootword waar alles ingestel is op Sy Woord. God se opdrag aan ouers is dat hulle hul kinders leer om alles wat hulle in die lewe teëkom in die lig van Sy Woord te sien en aan Sy Woord te toets. Dit is ook slegs sulke omvattende onderrig in God se Woord wat ons kinders in staat sal stel om staande te bly in die wêreld van vandag en in die toekoms.

In Moses se tyd moes kinders omattende onderrig in God se Woord kry om hulle weerbaar te maak teen die afgode van die Kanaäniete. In ons tyd moet ons kinders weerbaar gemaak word teen ?n kultuur van menseregte ? teen ?n 'oop' permissiewe samelewing met verkeerde, humanistiese waardes.

In die verlede, in die ou Suid-Afrika, het die noodsaaklikheid van omvattende onderrig in God se Woord nie so duidelik geblyk soos tans nie, omdat die Christengeloof en Christen-waardes amptelike goedkeuring en beskerming geniet het. In dié beskermde samelewing met sy sensorskap volgens Christelike waardes was Sondagskool en skoolgodsdiens, dalk aangevul met huisgodsdiens, oënskynlik genoeg om kinders tot die Christelike geloof te bring. Die ou Suid-Afrika was terselfdertyd ook ?n tyd van stygende lewensonkostes en van die opkoms van die feminisme. Gedurende hierdie tyd het hoë lewensonkostes en/of feministiese ambisie en hunkeringe na selfvervulling baie moeders uit die huis geneem. Hoë lewensonkostes en/of manlike ambisie het ook daartoe gelei dat die vader sy Bybelse priestersrol verwaarloos het. Die uiteinde was dat menige ouers hulle wesenlike ouerpligte op die skool en die kerk afgeskuif het.

2. Verandering

Nou het die amptelike houding teen-oor die Christelike godsdiens drasties verander. In die dokument Manifesto on values, education and democracy wat in 2001 deur die Ministerie van Onderwys uitgegee is, is aangekondig dat daar geen plek in die klaskamer is vir onderwys wat enige geloof bo ?n ander geloof bevorder nie. Staatskole mag nie kinders in die ware Christengeloof onderrig nie.

?n Anti-christelike owerheid wat staatskole beheer is ook nie al wat ons kinders se christenwording bemoeilik nie. Die breë samelewing word gekenmerk deur 'oopheid', permissiwiteit en dissiplineloosheid. Mense, insluitend Christene, beweeg al hoe meer weg van Bybelse leerstellings na humanistiese opvattings. Die verskuiwing manifesteer in die media en in skole: nie skepping nie, maar evolusie; nie Godgesentreerdheid nie, maar mens- en selfgesentreerdheid; nie Jesus die enigste Verlosser en Saligmaker nie, maar alle godsdienste as verskillende roetes tot saligheid.

Subtiele sowel as blatante anti-christelike invloede is gegewenes in die lewensituasies van vandag. Ons kan dié invloede nie verander nie, maar terselfdertyd bly die Here se opdrag staan om kinders na Hom toe te bring en hulle te leer om Hom alleen te eer en dien. Om aan dié opdrag van die Here te voldoen, moet die ouerhuis as primêre opvoedingsinstansie herstel word. Die ouerhuis moet herstel word as die plek waar kinders met omvattende onderrig in God se Woord toegerus word.

Om kinders in privaat Christenskole te plaas sal uiteraard help om hulle teen ondermynende anti-christelike invloede te beskerm. Die motivering daaragter moet egter nie wees om sodoende nog steeds ouerlike verpligtinge te ontduik en op die privaat Christenskool af te skuif nie.

God het die opvoedingstaak aan die ouers toegesê. Ouers mag in die uitvoering van hierdie taak deur ander mense gehelp word, maar God hou die ouers aanspreeklik vir die dinge wat hulle kinders leer ? vir wat die ouers hulle self leer en vir wat hulle van andere leer. Ouerlike verantwoordelikheid is deur God gegee en God sal rekenskap van ouers eis, ongeag of hulle self die verantwoordelikheid aanvaar het of dit op ander afgeskuif het.

Ons kinders, soos alle kinders deur die eeue heen, het lewensnood aan ?n Bybelse huisgesin waar omvattende Bybelse onderrig plaasvind.

3. Probleme

Maar ons sit vandag in baie Chris-tenhuise met spesifieke probleme wat oorbrug moet word:

Eerstens is daar ?n gebrek aan kommunikasie tussen ouer en kind, wat aan die een kant te wyte is aan die gejaagde lewe van beide ouers en kinders en aan die ander kant is dit te wyte aan die sogenaamde generasiegaping.

Tweedens is daar in die moderne samelewing ?n gebrek aan werklike intellektuele belangstelling. Oor die algemeen het mense vandag ? beide volwassenes en kinders ? swak leesvermoëns, swak kennisonderbou en swak redenasievermoëns. Hierdie toedrag van sake is ironies, aangesien ons in ?n tyd van tegnologiese kennisontploffing leef. Dié ontploffing is slegs ten opsigte van wetenskaplike en tegnologiese kennis; daar is vandag weinig belangstelling in die groot vrae van die lewe. Baie mense, oud en jonk, leef vir die hier en die nou ? ?n oppervlakkige lewe wat nie hoër as loopbaansukses en materialistiese gemak strewe nie.

Derdens is daar ?n uitsiglose, donker toekomsvisie in die greep waarvan baie Christene verkeer.

Die gebrek aan kommunikasie tussen ouer en kind is die uitvloeisel van die besondere struktuur van industriële en/of tegnologiese samelewings. Industriële en/of tegnologiese samelewings, in teenstelling met agrariese samelewings word deur klein kerngesinne en ?n verdeling in horisontale ouderdomsgroepe gekenmerk. Na die industriële revolusie van die negentiende eeu is groot geïntegreerde gesinne met klein kerngesinne vervang. In dié klein kerngesin lei elke gesinslid ?n besige, gejaagde lewe en is die lewe van elke gesinslid grotendeels geïsoleerd van die lewe van die ander gesinslede. En die rede vir laasgenoemde ? die geïsoleerde lewens van gesinslede ? is die moderne samelewing wat in horisontale ouderdomsgroepe opgedeel is ? kleuters by kleuters, kinders by kinders, tieners by tieners, jong volwassenes by jongvolwassenes, ens. tot by bejaardes by bejaardes. Die gevolg van die horison-tale ouderdomsgroepe is ?n generasiegaping waar kommunikasie en begrip oor die grense van generasies heen effektief weggeval het.

Die instelling van skoolplig het vertikale kommunikasie tussen ouer en kind van nog minder belang gemaak. Staatskole het die opvoedingstaak by die ouers oorgeneem. Hierdie was nie as ?n probleem in die ou Suid-Afrika waargeneem nie, omdat die staat ? al was dit meestal net lippediens ? amptelik Christelik was. Nou is ons in ?n nie-christelike, selfs anti-christelike bedeling, en is dit dringend nodig dat kommunikasie tussen ouers en kinders herstel word. Omdat hoë lewensonkostes beide ouers in baie gesinne noodsaak om lang ure te werk, moet die grootouers, waar moontlik, weer in gesinne geïntegreer word. Hulle moet uit die aftree-oorde waar hulle waarde as draers van godsdienstige kennis en waardes verlore gaan, gehaal word.

4. Wat moet ouers doen?

Ouers moet intensief betrokke raak by hulle kinders se skoollewe. Hulle moet die inhoud van alle leerstof en handboeke monitor. Hulle moet met hulle kinders gesels, nie slegs oor sportaktiwiteite nie, maar veral oor wat in die klas aangebied word. Hulle moet weier dat hulle kinders aan onbybelse praktyke deelneem. Hulle moet ook weier dat hulle kinders blootgestel word aan onbetaamlike seksonderrig. Ouerwaaksaamheidkomitees kan gestig word om volgehoue druk op die skool uit te oefen om kinders se grondwetlike reg tot vryheid van geloof en gewete te respekteer.

Christenouers moet met die hulp van die Heilige Gees die impak van die staatskool neutraliseer. In Titus 1:6 word daar van die ouderlinge verwag om kinders te hê wat gelowiges is. Dit impliseer dat gelowige ouers hulle kinders tot ware geloof kan bring. In hierdie tye is dit ?n moeilike, maar nogtans nie onmoontlike taak nie. God vra nooit die onmoontlike nie. Hyself sal opregte ouers van die nodige krag en vermoëns voorsien.

Die vraag wat nou ontstaan is: ?Wat moet opregte ouers doen?? Bid is uiteraard fundamenteel en so ook Bybelstudie. Ten opsigte van die praktiese uitvoering van die opvoedingstaak is myns insiens die volgende essensieel:

Eerstens, die natuurlike lojaliteit van ?n jong kind teenoor sy/ haar ouers moet gekweek en behou word. Dit beteken dat ouers deurgaans ?n ware Bybelse verhouding met hulle kinders handhaaf; ?n verhouding van liefde en dissipline soos God dit wil (Efes 6:4).
Tweedens moet die kind van kleinsaf toegerus word met kennis van die Bybel en die ware Christenleerstellings.
Derdens, soos die kind ouer word, moet ware kritiese denke, d.i. denke wat gerig en gelei word deur God se Woord, gekweek word. Ouers moet sake in skoolleerstof en in die media met kinders bespreek en hulle kinders leer om deurentyd op hulle hoede te wees vir valsheid, onlogiese en/of valse redenasie, dubbelsinnigheid, onduidelikheid, irrelevantheid en oorbodigheid. Kinders moet geleer word om vanaf Bybelse voorveronderstellings en feite te redeneer en nie volgens gevoelens en/ of populêre opinie nie. Die kind moet onderskeidingsvermoë en ?n strewe na waarheid geleer word. Hy/ sy moet geleer word om elke idee, elke aanspraak, elke voorstel en elke opinie aan die Bybel te meet. Met God se Woord kan elke valse redenasie en hooghartige aanval wat teen Hom en sy Wil gerig word, afgebreek en vernietig word (2 Kor. 10:4-5).

Bybelkennis en logiese, intellektuele denke wat na waarheid soek en dus binne ?n Bybelse raamwerk funksioneer, is magtige wapens teen propaganda en dwaalleringe, en ook teen die verslawende, verdowende effek van televisie.

5. Invloed van TV

Televisie is in baie huise, ook Chris-tenhuise, die oorheersende faktor. Buiten dat dit bydra tot die gebrek aan kommunikasie tussen ouer en kind, is dit seersekerlik die grootste bydraende faktor tot die morele onsedelikheid en intellektuele belangeloosheid, selfs onvermoë, van die moderne mens.

Ons is almal terdeë bewus van die moreel-onsedelike inhoud van die meeste televisie-programme. Dit is egter nie die enigste probleem met televisie-kyk nie. Televisie is ?n medium wat die mens se vermoë tot logiese, rasionele denke aantas en die kyker aanmoedig om inhoud kritiekloos te aanvaar. Televisie hou dus ?n wesenlike bedreiging in vir ware opvoeding.

Televisie se bedreiging vir ware opvoeding word uiteengesit deur Neil Postman in ?n boek getiteld Amusing Ourselves to death (1986). Postman wys daarop dat televisieprogramme, insluitende opvoedkundige programme, kennis op ?n erg beperkte en gesnoeide wyse aanbied. In elke enkele program moet die kennis wat aangebied word op sy eie kan staan. Televisie het eenvoudig nie ruimte vir kennis as ?n hiërargiese konstruksie wat vanaf ?n fondasie van grondliggende idees opeenvolgend en samehangend opgebou word nie. Hierdeur bedreig televisie die einste fondasie van intellektuele, logiese denke.

Televisie het ook nie plek vir beredeneerde argumentasie nie, ook nie in besprekings- en opvoedkundige programme nie. Die aard van die medium is sodoende dat alle televisieprogramme ?n teatrale, vermaaklikheidsformaat aanneem. Opvoedkundige programme neem altyd ?n storieformaat aan, terwyl besprekingsprogramme uit losstaande opinies wat die emosies eerder as die intellek aanspreek, bestaan. Uiteraard geniet liberale opinies meer aandag en guns as behoudende opinies.

Geen tipe televisieprogram vereis werklike intellektuele denke nie. Televisie kan wel die tipe inligting verskaf wat help met vasvra-speletjies, maar die uitsluitlike eenrigting-kommunikasie bevorder passiewe aanvaarding eerder as bevraagtekening en kritiek. Met ander woorde, televisie demp die strewe na waarheid.

Wat morele opvoeding betref, beperk en monitor baie Christenouers wat hulle kinders kyk, en dit is reg dat hulle so maak. Heilsame programme ondermyn egter ook dikwels die intellek, omdat dié programme ook neig om net ?n geklets te wees. Daarbenewens is dié programme se inhoud nie altyd werklik heilsaam nie. Lewensprobleme word deur dié programme op ?n simplistiese, humanistiese wyse aangespreek en opgelos. Dit beteken nie dat kinders nooit heilsame geklets mag kyk nie. Die verskil is tussen kinders wat ?n program en/ of video as vermaak toegelaat word en met wie die Bybelse perspektief op die onderwerp bespreek word en kinders wat toegelaat word om vir ure vasgenael voor die televisie te sit.

Kinders se televisie-kyktyd moet beperk word; egter nie as straf nie, maar as ?n huisreël. Die normale aand behoort die volgende in te sluit: tyd vir huiswerk, huigodsdiens, die saamlees (veral hardop) van goeie letterkunde, en, baie belangrik, die bespreking van skool- en mediasake waartydens die kinders se argumentasievermoëns binne ?n Bybelse raamwerk ontwikkel en geslyp word. Laasgenoemde, nl. die versterking van die kind se Bybelkennis en die slyping van sy/ haar intellektuele denke binne ?n Bybelse raamwerk moet, soos Deuteronomium 6: 5-9 vereis, in die huis, in die motor, by die etenstafel, oral en altyd plaasvind. Kinders moet geleer word om God lief te hê met hulle hele hart, hele siel en hele verstand (Matt 22:37).

6. Gerigtheid van ons lewens

Ouers moet hulle kinders se oë op die ewigheid rig. In hierdie tye waar die toekoms donker en uitsigloos lyk, waar bekommernis, angs en wanhopigheid hoogty vier, moet ons ons eie en ons kinders se oë na Bo rig, na die Hemel, as die fundamentele doel van ?n Christen se aardse lewe.

In die verlede het ons wel in die Hemel geglo, maar omdat ons geloof deur die owerheid beskerm was, het ons geneig om ons tot ons aardse lewe te rig en al ons kragte in te span om aardse welvaart en rykdom te behaal. Die gevolg was ?n ommeswaai in waardes: ?n verskuiwing weg van ?n Protestantse moraliteit van selfverloëning na ?n etos van selfvervulling in hierdie lewe. Hiermee gee ek nie te kenne dat dit vekeerd is om eiendom te besit, om die goedere en dienste te koop wat mens benodig of om loopbaansukses te bereik nie. Arbeid is die wese van God se kultuurmandaat (Gen. 1:28) en elkeen moet die vrugte van sy arbeid ontvang en hy mag dit geniet (sien bv. Pred. 5:17, 8:15). Ook eienaarskap is binne die raamwerk van God se Wil en eintlik ?n geskenk van Hom aan Wie alles behoort. Daarom verbied Hy diefstal (agste gebod) en verbied Hy selfs net die begeerte na ?n andere se goed (tiende gebod). Eienaarskap en welvaart mag egter nie van bedagsaamheid oor die lot van andere geskei word nie, terwyl dit in hebsug en gulsigheid verval.

Ons dae van aardse welvaart word egter bedreig. Ons leef in ?n misdaadgeteisterde land en in ?n tyd van wêreldwye ekonomiese insinking; die toekoms lyk gevolglik donkermense, insluitend baie Christene, het in pessimisme en moedeloosheid verval. Hierdie reaksie is natuurlik en dus te verstane, maar dit is nie die vrug van die Heilige Gees nie. Christene moet in alle omstandighede vreugdevol wees. Dit beteken nie blindelingse optimisme en ?n (valse) positiewe gesindheid oor die werklike negatiewe omstandighede in ons land (en wêreldwyd) nie. Inteendeel, vreugdevol in alle omstandighede beteken dat die Christen sy/ haar oë op die Hemel rig, daar waar Christus aan die regterhand van die Vader is Kol. 3:1-2).

Christenouers moet daagliks deur voorbeeldige voorlewing hulle kinders leer om hulle oë opwaarts te rig na die Ewigheid, soos die eerste Christene en al die ander martelaars vir Christus deur die eeue heen gedoen het. Vdit duidelik uit Paulus se briewe blyk, was die Hemel ?n onweerlegbare konkrete werklikheid wat al die swaarkry van hierdie wêreld oorskadu het. Vertel of laat kinders ware stories van Christenmartelaars lees, veral die wat oor kinder- en tienermartelaars handel. Rig die kinders se aandag op die martelaars se besondere moed en hulle onstuitbare geloof wat die gevolg was van die feit dat hulle oë op die ewige lewe gerig was en nie op hierdie lewe nie. Bespreek met ouer kinders Bybeltekste wat oor aardse swaarkry en die hemelse glorie wat wag handel ? bv4:16; 5:10 en Rom. 8:18-25.

Kinders moet ook attent gemaak word op die leegheid van ?n lewe wat deur materialistiese waardes gedryf word. Verwys die kinders na die lewens van beroemdes en rykes. Baiekeer het hierdie mense alles wat die wêreld as belangrik ag, maar is hulle nogtans dikwels die slawe van depressie, drankmisbruik, dwelms en/of seks. Hulle bly hunker na iets, en daardie iets is God self. God het elke mens geskape en aan elke mens die besef van die ewigheid gegee (Pred. 3: 11). Dus alleenlik in God se genade kan die mens ware rus en vrede vind.

Ouers moet egter versigtig wees om nie hemelse verwagtinge as fatalisme oor te dra nie. Christene mag nie passief wees nie. Hulle moet aktief deel wees van die lewe om hulle eie Godgegewe talente te gebruik en andere se talente aan te vul. Die einddoel is egter nie om aardse goedere te ver-samel nie, maar om die lig van die wêreld en die sout van die aarde te wees, en om sodoende algehele verderf in die wêreld te stuit (Matt 5:13).

Ouers moet ook nie die Hemel as beloning vir goeie gedrag voorhou nie. Dit impliseer ?n verdiensteteologie in plaas van die ware Evangelie van Genade.

7. Slot

Indien ons ons kinders opvoed soos die Bybel van ons vereis, is daar hoop vir die toekoms. God bly in beheer en Christus is die Koning van al die nasies, al erken hulle Hom nie. Terwyl ons poog om God in die opvoeding van ons kinders te gehoorsaam, moet ons onthou wat op die spel is. God se doel met en in die geskiedenis is nie op die spel nie. Dit sal volbring word ongeag wat enige nietige mens doen. Wspel is, is God se seëninge op ons en ons kinders ? of ons en ons kinders deel sal wees van Sy kinders wat die ewige lewe beërwe.

Bronnelys

McCLUNG, F. [Sa]. Holiness and the spirit of the age. Cape Christian.
POSTMAN, N. 1986. to death: public discourse in an age of show business. London: Heinemann.
STOKER, P.H. 2001. Ekonomie en die samelewing. Esra verslag, 9(47), Jul: 46-51.
WILSON, D. 1991. Recovering the lost tools of learning: an approach to distinctively Christian education.   Wheaton, Ill: Crossway.